Haaie sit Bulle ore aan

Die Sharks het Saterdag met ‘n bonuspuntoorwinning die Bulls in hulle Verenigde Rugbykampioenskap derby op Loftus Versveld geseëvier. Die Sharks het drie drieë kort na mekaar in die tweede helfte aangeteken wat die Bulls met 29-19 op hulle tuisveld laat verloor het. Die halftyd telling was 10-7 in die Sharks se guns. Vroeër in Johannesburg het die Lions die Stormers met 30–23 geklop. Die Bulls is nou op die derde plek in op die punteleer in die VR kampioenskappe en die Lions vierde.