Cosatu gooi gewig agter Ramaphosa

Cosatu sê hy staan bankvas agter president Cyril Ramaphosa en die regering om Suid-Afrika se waardes en sy mandaat vir transformasie te verdedig. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê geen land mag toegelaat word om vir die mense van Suid-Afrika voor te skryf nie. Hy sê die federasie is ‘n robuuste en uitgesproke demokrasie, en sal geen pogings duld om die land te intimideer nie.