Vier veranderinge aan Stormers-span

In sportnuus het die Stormers se afrigter John Dobson vier veranderings aangebring aan sy opdrafspan vir vanmiddag se Verenigde Rugby Kampioenskapkragmeting teen die Leeus in Johannesburg. JJ Kotze begin as haker in die plek van Joseph Dweba, en Ali Vermaak is terug na ‘n besering en vervang Sti Sithole as loskopstut. In die agterlyn skuif Herschel Jantjies in van die plaasvervangersbank af in Stefan Ungerer se plek as skrumskakel, en Angelo Davids speel op linkervleuel in die plek van Leolin Zas, wat die week weens ongesteldheid onttrek is.