Omusati se oshanas vol

Die meeste van die oshanas in die Omusati-streek is vol na goeie neerslae in die gebied, maar, jaar op jaar word verdrinkings aangemeld. Die Omusati-polisie se skakelbeampte, senior inspekteur Anna Kunga, sê hoewel geen voorvalle tot dusver aangemeld is nie, word die publiek versoek om versigtig te wees en nie die oshanas oor te steek nie, veral in gebiede waarmee hulle nie vertroud is nie. Ouers en voogde word versoek om hul kinders skool toe en terug te begelei. Malaria is ook ‘n uitdaging met 6 000 gevalle wat in ses weke aangemeld is in die Noorde.