Kragstelsel bestendig, sê Eskom
In die buurland sê Eskom die kragstelsel bly bestendig en beurtkrag is steeds opgeskort. Die woordvoerder Daphne Mokwena sê die stelsel het ook genoeg reserwekrag. Sy sê van 1 April verlede jaar tot 14 Februarie was beurtkrag opgeskort vir 317 dae, vergeleke met die 32 dae oor dieselfde tydperk verlede jaar. Sy voeg by elektrisiteitstoevoer is 99 persent van die tyd beskikbaar, vergeleke met net 10 persent verlede jaar: