Waar’s die Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord?February 14, 2025

Die DA vra die minister van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Lydia Chikung, om vertraging met die stigting van die Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord te verduidelik. Die raad is in November gemagtig, maar is steeds onaktief. Die DA-lid, Eleanore Bouw-Spies, veroordeel die gebrek aan optrede te midde van Suid-Afrika se krisis met geslagsgeweld. Sy eis deursigtigheid en onmiddellike vordering ter ondersteuning van slagoffers en oorlewendes.