So moet stigterspresident se amptelike portret vertoon wordFebruary 14, 2025
Die inligtingministerie het die riglyne vir die vertoon van onstlape president Sam Nujoma se amptelike portret tydens die routydperk vrygestel. Die publiek mag die elektroniese weergawe wat deur die ministerie uitgereik is in enige grootte by enige winkel of drukfasiliteit laat uitdruk, en enige raam daarvoor gebruik. Die protokol vir die hang van amptelike portrette bly onveranderd, met die portret van die stigterspresident wat altyd links onder die sittende president se portret moet hang. Net die elektroniese weergawe is verniet. Harde A2-grootte kopieë kan by Nampa gekoop word teen 500 Namibiese dollar ongeraam, en 1 800 dollar geraam.