Kindermishandeling ‘n probleem in Namibië: kennerFebruary 14, 2025
‘n Verslag van kindermishandeling het opgeduik van ‘n 44-jarige vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy haar sewejarige seun by ‘n dorpie in die Oshakati-distrik aangerand het. Die vrou en haar mansvriend het haar kinders by bure gelos terwyl hulle die aand uitgegaan het. Hulle het nie later die kinders gaan haal nie. Toe die oudste seun die volgende oggend huis toe gaan het sy hom met ‘n gordel geslaan, onder andere op die linker-oog, wat erg geswel het. Die kind se skool het dit by die polisie aangemeld. Die vrou is gearresteer en die kind is na die Oshakati Staatshospitaal geneem vir behandeling. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Regshulpsentrum se Gender-afdeling, wat sê kindermishandeling kom algemeen voor.