Duitsland verskerp sekuriteit by grense
Die Duitse kanselier, Olaf Scholz het aangekondig die land sal beheermaatreëls langs al sy grense met ses maande verleng ná die beplande vervaldatum middel volgende Maart. Die Sosiaal-Demokratiese Party verkeer onder hewige druk oor die kwessie ná ‘n vlaag dodelike aanvalle waarvoor migrante en asielsoekers die skuld gegee word. Scholz se party is volgens ‘n huidige peiling onderweg na hul swakste verkiesingsuitslag ooit teen sowat 16-persent, terwyl die middel-regse politieke partye, wat die onderdrukking van onreëlmatige migrante beloof het, met sowat 30-persent voorloop.