Hardap-boere mag 100% besproei
NamWater het in oorleg met die landbouministerie die versoek van die Hardap-boerevereniging goedgekeur om besproeiing by die Hardap-skema tot 100 persent te verhoog. Dit volg op ‘n omvattende droëlopie-ontleding en positiewe invloei in die Hardapdam. Die dam het Maandag op 22,1 persent gestaan. Besproeiing kan dus op volle kapasiteit voortgaan, terwyl volhoubare watervoorsiening vir die streek verseker word. Die totale aanbodvolume sal 4 miljoen kubieke meter per maand wees, en beskikbaarheid van besproeiingswater sal doeltreffend wees tot einde September. Voldoende voorraad vir huishoudelike gebruik moet bly tot Februarie 2027.