Bibi eis alle gyselaars moet teen Saterdag bevry word
Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu waarsku dat die Gaza skietstilstandooreenkoms sal eindig as Hamas soos beplan nie nog gyselaars Saterdag vrylaat nie. Dit volg na Hamas Maandag gesê het hy sal die vrylating van Israelse gyselaars onbepaald vertraag weens verbrekings van die skietstakingsooreenkoms. Daar is 76 gyselaars oor wat die militante groep in Gaza aanhou, maar slegs drie sou Saterdag vrygelaat word. Netanyahu sê hy het sy weermag opdrag gegee om op hoogste gereedheidsgrondslag te wees vir enige gebeure in Gaza.