AU-beraad fokus op afhanklikheid van buitelandse hulp
Die 38ste Beraad van die Afrika-unie begin vandag in Addis Abeba, Ethiopië. Leiers van 55 lidlande sal kwessies oor konflikte regoor Afrika bespreek asook om die afhanklikheid van buitelandse hulp te verminder. Dit volg op die besnoeiing van Amerikaanse befondsing en sy onttrekking uit die Wêreldgesondheidsorganisasie. Daarbenewens word ‘n nuwe AU-voorsitter ook verkies, met Raila Odinga van Kenia, Mahmoud Ali Youssouf van Djiboeti en Richard Randriamandrato van Madagaskar die voorste aanspraakmakers.