Breuk met VSA kan SA hard slaan: ekonoom

ʼn Ernstige breuk in ekonomiese verhoudings met ʼn belangrike handelsvennoot soos Amerika kan indirekte gevolge vir Suid-Afrika inhou. Dit is volgens ʼn ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons. Dit volg ná Amerika se ongekende optrede teen Suid-Afrika oor beweerde waninligting oor die Onteieningswet. Parsons sê die land moet dringend reageer op die Trump-administrasie se jongste dreigemente en die ekonomie so “Trump-bestand” as moontlik maak.