Namdia bevestig tydelike skorsing van HUB, twee ander

Namdia het bevestig dat sy raad die uitvoerende hoof, dr. Alisa Amupolo, hoofbedryfsbeampte Uahoroka Kauta en sekuriteitsbestuurder Paulinus Shiyapo tydelik geskors het hangende verdere ondersoek na die diamantroof in Januarie. Lelly Usiku is as tussentydse uitvoerende hoof aangestel. Namdia sê in ‘n verklaring Usiku, ‘n opgeleide ekonoom en ‘n ervare senior bestuurder, het al voorheen in die rol van uitvoerende hoof opgetree. en het die volle vertroue en ondersteuning van die raad. Hy sê hy is besig met ‘n omvattende en robuuste interne ondersoek om die volgorde van gebeure te bepaal wat tot die misdaad gelei het, en om enige toekomstige poging om sekuriteit te fnuik te verhoed.