Indiese polisie stop Ed Sheeran se straatoptrede

Die pop-megaster Ed Sheeran het ontken dat sy vertoning in Indië onwettig was, nadat die polisie gesê het hy het nie die nodige toestemming verkry om ‘n straatopvoering te hou nie en die vertoning skielik beëindig het. Die Britse sanger-liedjieskrywer en viermalige Grammy-wenner toer in die wêreld se mees bevolkte land, maar het gister tussen konserte die tyd geneem om ‘n verbaasde skare in die tegnologie-sentrum, Bengaluru, te vermaak. Video’s wat op sosiale media gedeel is, wys hoe ‘n polisiebeampte halfpad deur ‘n weergawe van sy treffer “Shape of You” sy mikrofoon ontkoppel.