Nahas Angula bring hulde aan Nujoma

Die land is geruk deur die nuus van die dood van stigterspresident Sam Nujoma. President Nangolo Mbumba het by die Nujoma-woning in Windhoek hulde gebring en gesê Nujoma het geen moeite ontsien om Namibiërs van alle vlakke van die samelewing te motiveer om ‘n land te bou wat hoog sal staan onder wêreldnasies nie. Hier is sy aankondiging voor 5-uur vanoggend.

Die Swapo-strydros en oud-premier Nahas Angula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê Nujoma was ‘n inspirasie vir baie.