Cosatu betreur dood van Harmony Gold-mynwerkers
Cosatu betreur die dood van vyf mynwerkers by Harmony Gold in twee voorvalle hierdie week. Twee werkers is dood by Doornkopmyn in Soweto en drie werkers by die Joelmyn in die Vrystaat nadat los grond by die skag ingeval het. Cosatu beklemtoon hoe dringend verbeterde veiligheidsmaatreëls nodig is en sê die Wysigingswetsontwerp op Myngesondheid en -veiligheid moet bekragtig word.