USAid: Menseregte-programme sal plaaslik moet sluit
Met die onttrekking van befondsing van USAid, is verskeie Namibiese sosiale programme onseker oor hul toekoms. Programme vir lede van die LGBT-gemeenskap is ook geraak. Volgens bronne gaan 17 uit die 19 projekte vir die gemeenskap gesluit word. Project Hope Namibia, wat deur die VSA gefinansier word, moes reeds hul deure sluit. Die projek het opleiding verskaf aan jong meisies uit mishandelde en armoede-geteisterde agtergronde. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gesels, wat kommentaar lewer.