Ons sal nie geboelie word nie – Cyril

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal nie geboelie word nie en sal opstaan in nasionale belang en vir sy soewereiniteit. Dit is in regstreekse reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se beskuldiging dat die regering grond onwettig konfiskeer. Ramaphosa het Donderdagaand die staatsrede in Kaapstad gelewer en gesê die regering is bekommerd oor die potensiële uitwerking van die Amerikaanse besluit om van sy befondsing vir MIV- en TB-programme in Afrikalande op te skort: