Ocean Conservation sê dit gaan moeilik wees om kormorante-saak op te los

Die tragiese voorval by Canopy in die Dorob Nasionale Park waar ‘n groep bedreigde Kaapse kormorante opsetlik doodgery is, is steeds nie opgelos nie. ‘n Voertuig het hulle doelbewus geteiken terwyl hulle op die strand geslaap het. Bewaringsowerhede het ‘n beloning van 10 000 Namibiese dollar aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat ‘n opdatering gee van kustoestande asook die kormorante-saak.