IPC Maandag terug in Hooggeregshof oor verkiesing
Die IPC se uitdaging van aspekte van die presidensiële verkiesing in die Hooggeregshof sal Maandag hervat. Tydens die laaste verhoor van die party se soortgelyke uitdaging van die Nasionale Vergadering-verkiesings, het die Verkiesingshof beveel dat dit sal voortgaan wanneer die Hooggeregshof die presidensiële verkiesing-saak afgehandel het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die IPC se woordvoerder.