Castle Lite 10-aan-‘n-kant rugbytoernooi skop af

Die hoogs verwagte tweedaagse Castle Lite 10-aan-‘n-kant rugbytoernooi vind vandag en môre by Trustco United Rugbyklub plaas. Die toernooi sal van Namibië se top-rugbyklubs sien meeding om ‘n deel van die pryspoel. Die aksie skop om 6-uur af met Unam 2 teen United 2, gevolg deur Wanderers 2 teen Western Suburbs 2 om 25 oor 6. Om 10 voor 7 takel United Vroue die Wanderers Vroue. Daarna om 15 oor 7 is dit United 1 teen Western Suburbs 1, en om 20 voor 8 meet Unam 1 en Wanderers 1 kragte.