Winde vra vir staatsrede wat ekonomiese groei bevorder
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, bepleit ‘n ferm en beslissende staatsrede wat ekonomiese groei en werkskepping vooropstel. Hy doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om te fokus op die herstel van die land se hawens en spoornetwerk om handel en belegging ‘n hupstoot te gee. Winde vra ook fiskale dissipline om te verseker hulpbronne word na noodsaaklike dienste herlei: