Rubio sal nie G20 in SA bywoon nie, protes teen onteiening
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê hy gaan uit protes teen die land se Grondonteieningswet nie later die maand die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Rubio sê in ʼn inskrywing op X, voorheen bekend as Twitter, Suid-Afrika doen baie slegte dinge en onteien privaat eiendom, terwyl hy die G20 gebruik om eensgesindheid, gelykheid en volhoubaarheid te bevorder. Hy sê sy werk is om Amerika se nasionale belange te bevorder en nie belastingbetalers se geld te mors op teen-Amerikanisme nie.