PDM wil weet wat sê Utoni-hulle van verskillende werkloosheidsyfers
Die laaste sitting van die sewende parlement het op ‘n hoë noot afgeskop, aangesien parlementariërs verskeie uitstaande sake voor die einde van die huidige administrasie moet afhandel. Die sitting het begin met 16 vrae van parlementslede wat vandag deur die betrokke ministeries beantwoord gaan word. Jennifer van den Heever, visepresident van die PDM, het vrae aan die arbeidministerie gestel oor die jongste arbeidsverslag.