Onderwys sê oor sanitasie, oorbevolking

Die onderwysministerie het gereageer op die nuus dat twee laerskole in Rundu deur die dorpsraad gesluit is weens uiters swak sanitasie. Die skole se gesamentlike 3 100 leerders deel ablusiegeriewe, wat volgens die dorpsraad lank reeds buite werking is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edda Bohn, die adjunk-direkteur van onderwys, wat sê sanitasie is ‘n prioriteit vir die ministerie en daar word aan gewerk.

Sy het ook meer inligting oor planne met oorbevolking van klaskamers verskaf.