Milei onttrek Argentinië uit WGO
Argentinië se president, Javier Milei, het aangekondig sy land gaan aan die Wêreldgesondheidsorganisasie onttrek. Hy sê landsburgers gaan nie ʼn internasionale organisasie toelaat om by hul soewereiniteit in te meng nie, en nog minder by hul gesondheid. Hy skryf sy besluit toe aan die WGO se hantering van die Covid-19-pandemie, en ʼn gebrek aan onafhanklikheid in die lig van sommige state se politieke invloed. President Donald Trump het Amerika verlede maand ook aan die WGO onttrek.