Job lê klag teen rooilyn-regter, sê hy het hom wangedra

Die Regbank het bevestig dat die Regterlike Dienskommissie wel Job Amupanda se klag teen regter Shafimana Ueitele ontvang het. Amupanda beskuldig die regter van geregtelike wangedrag, vooroordeel en onbehoorlike hantering van die rooilyn-saak. Luidens die klag het Ueitele na bewering partydigheid in die saak aan die dag gelê. Amupanda sê hy was beledigend.