Inflasie vir Januarie kom in op 3,2%

Inflasie vir Januarie is effe laer op 3,2 persent teenoor 3,4 persent wat in Desember verlede jaar aangeteken is maar, baie laer as die 5,4 persent van Januarie 2024. Maar, die Namibiese Statistieke-agentskap sê pryse het met 1,1 persent gestyg teenoor Desember se 0,2 persent. Mirjam Shihepo, woordvoerder van die agentskap het meer.