Dwelmmisbruik onder jeug kwel SA

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê dwelm- en alkoholmisbruik neem toe onder jong mense in Suid-Afrika. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê jong mense is kwesbaar en kan maklik in die versoeking gelei word. Die rede hiervoor is hul ingebore nuuskierigheid, die begeerte om nuwe ervarings op die proef te stel, teenkanting oor gesag, lae selfbeeld en uitdagings met die gesonde ontwikkeling van interpersoonlike verhoudings.