Dricus, Strickland sê hulle is gereed vir mekaarFebruary 6, 2025

Gemengde Gevegskuns: Dricus du Plessis en Sean Strickland sê hulle is slaggereed vir Sondag se herontmoeting om die UFC-middelgewigtitel in Sydney, Australië. Du Plessis het in Januarie verlede jaar die titel by Strickland afgeneem. Hy sê daar is geen omstredenheid nie en is voornemens om dit hierdie naweek te bewys met ʼn oortuigende oorwinning terwyl Strickland beplan om die gordel terug te vat. Volgens Du Plessis het hy nie ʼn herontmoeting versoek nie, maar die skeidsregters het.