Crack kokaïen bestem vir Oshikango, in pere gevind
Die Erongo-polisie het daarin geslaag om beslag te lê op 100 eenhede crack kokaïen wat in ‘n besending pere in ‘n langafstand minibus taxi van Walvisbaai na Oshikango gestuur is. Die mag sê hy het inligting ontvang en die taxi is Woensdagaand agt-uur voorgekeer en deursoek. Die waarde van die dwelms word op 10 000 Namibiese dollar beraam en ‘n Namibiese man, 30 jaar oud, is gearresteer.