Black Sabbath herenig na 20 jaar vir konsert
Die oorspronklike lede van Black Sabbath sal die eerste keer in 20 jaar saam optree. Ozzy Osbourne, Tony Iommi, Geezer Butler en Bill Ward sal vir oulaas saamkom om op 5 Julie by ʼn fondsinsamelingskonsert in Birmingham, Engeland, op te tree. Alle wins wat hulle maak, sal gelykop verdeel word tussen Cure Parkinson’s, die Birmingham-kinderhospitaal en Acorn-kinderhospies. Black Sabbath wat in 1968 gestig is, word beskou as die peetvader van heavy metal-musiek en het wêreldwyd meer as 75-miljoen albums verkoop.