Beleggingstrategie vir ’25: Enigste sekerheid is onsekerheid
Cirrus sê in ‘n ontleding die beleggingstrategie vir die jaar is onseker en dat onsekerheid skynbaar die enigste sekerheid is vir die jaar wat voorlê. Wêreldwyd is rentekoerse, inflasie en groei sentraal tot waardasies en batetoewysing, terwyl geopolitieke spanning voortduur. Volgens die makelaarsfirma is die omvang van hierdie risiko’s eiesoortig vir elke beleggingsjurisdiksie, met die globale ekonomie wat toenemend gesegregeer word, en uiteindelik in verskillende grade aan die risiko blootgestel word. Plaaslik bly die firma oor die algemeen positief vir Namibiese bates. Maar die beleidsomgewing in Namibië is onseker weens die verandering in regeringsadministrasie. In die lig van uiteenlopende verwagtinge, soos in 2024, sê hy hy handhaaf ‘n fokus op makro-ekonomiese grondslae en ekwiteitwaardasies om ons strategie te lei.