Amushelelo het jongste oor eise vir werk, of ‘n toelaag
Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo het verlede jaar ‘n betoging teen werkloosheid gehou. Hy het in die week die Arbeidsministerie besoek en terugvoering gevra oor die eise wat tydens die betoging in ‘n petisie gestel is. Die betogers het hul CV’s by die ministerie ingedien en aangedring op indiensneming. Hulle het ook gevra dat ‘n werkloosheidstoelae ingestel moet word. Kosmos 94.1 Nuus het opgevolg met Amushelelo wat ‘n opdatering van hul planne gee.