Wes-Kaapse toerisme groei sterk 

Die Wes-Kaapse toerismesektor het met rasse skrede gegroei. Die Kaapstadse Internasionale Lughawe het ‘n toename van 10 persent in aankomste getoon met 226 internasionale vlugte wat weekliks daar land. Die plesiervaartsektor groei ook en 88 skepe het hierdie seisoen vasgemeer. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê pogings om toeriste te lok werp nou vrugte af.