Trump wil Gaza oorneem

President Donald Trump sê Amerika moet die Gaza-strook oorneem en stabiliteit na die hele Midde-Oosterse streek bring. Hy het Donderdag by die Withuis met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, vergader. Trump stel ook voor die hele Palestynse bevolking van meer as 2 miljoen in die Gaza-strook moet in lande soos Jordanië en Egipte hervestig word. Hy beskryf Gaza as ʼn slopingsterrein:

Trump het verskeie kere melding gemaak van Gaza wat potensieel die Riviera van die Midde-Ooste kan wees. Sy spesiale gesant vir die Midde-Ooste Steve Witkoff is ook ‘n eiendomsontwikkelaar.