Eienaar van hond wat gesteel is en vir kapana verkoop is, praat
Drie verdagtes wat na bewering Saterdag op Swakopmund ‘n hond, Ragnir, gesteel en met ‘n byl doodgemaak het, verskyn vandag in die dorp se landdroshof. Daar was ook ‘n 12-jarige kind betrokke wat nie gearresteer is nie maar vrygelaat is onder volwasse toesig, berig die Atlantic Gazette. Die vier het glo die hond se karkas vir 200 Namibiese dollar aan ‘n kapana-verkoper verkwansel, wat sy produk aan die publiek verkoop het. Die drie sal teregstaan op ‘n klag van diefstal, maar dieremishandeling kan bygevoeg word. Die kind kan ook nog aangekla word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die hond se eienaar, Catherine Titus van Matutura in Swakopmund. Sy deel haar hartseer en moedig die publiek aan om haar by die hof te ondersteun.