Cyril en Elon gesels oor waninligting
Die Presidensie het bevestig president Cyril Ramaphosa en die miljardêr, Elon Musk het ‘n gesprek gevoer oor waninligting rakende Suid-Afrika. Dit volg ná die Amerikaanse president, Donald Trump, beweer het Suid-Afrika is skuldig aan onwettige grondbesettings en die mishandeling van minderheidsgroepe. Ramaphosa verwerp die bewerings en sê die grondhervormingsbeleid het ten doel om billike toegang te verseker, sonder beslagleggings op grond. Musk, wat ‘n Trump-bondgenoot is, het ook Suid-Afrika se grondwette gekritiseer en onbeskaamd rassisties genoem.