China beskuldig VSA van onderdrukking
China beskuldig die Verenigde State van onderdrukking omdat die Amerikaanse posdiens pakkies uit China en Hongkong opskort, ‘n stap wat die e-handelreuse Temu en Shein kan benadeel. Spanning tussen die VSA en China het die afgelope paar dae die hoogte ingeskiet namate die wêreld se twee grootste ekonomieë ‘n reeks tariewe op mekaar se invoere ingestel het, wat honderde miljarde dollar in handel sal raak. Die posdiens het verder die vrywaring van aksynsbelasting op pakkies ter waarde van 14 800 Namibiese dollar of minder geskrap.