Trump wil USAid sluit 

Demokrate het groot kommer oor die Trump-administrasie wat USAid wil sluit. Daar is kommer omdat onstabiliteit in die wêreld die VSA direk kan raak, en dat dit die land se invloed internasionaal negatief kan raak. Dit het begin met Elon Musk wat gesê het die organisasie is korrup. Hy het met SkyNews gepraat.

Demokrate dreig om al Trump se benoemings te keer indien die organisasie wel gesluit word.