Ongos: Fase een verloop goed
Die Ongosvallei-ontwikkeling het meer as 14 000 werksgeleenthede vir Namibiërs geskep as deel van sy Fase 1-projek-ontplooiing. Volgens Abed Erastus, woordvoerder van Ongos, genereer die grootskaalse residensiële ontwikkeling ‘n wye reeks werksgeleenthede, insluitend vir projekbestuurders, argitekte en ingenieurs. Hy sê die ontwikkeling, wat 28 000 huise oor sewe fases sal skep, is ontwerp om ‘n dinamiese gemeenskap vir gemengde gebruik te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus gesels, wat meer inligting gee oor fase een se vordering.