Unam se Skool van Medisyne kort dringend kadawers

Unam se Skool van Medisyne ervaar tans ‘n tekort aan kadawers. Die universiteit ontvang normaalweg die kadawers van Suid-Afrika maar sedert Covid, is daar ‘n tekort. Die kadawers is ook duur om so te bekom, teen 10 000 Namibiese dollar een en moet na twee jaar teruggestuur word. Ingevolge die huidige wetgewing kan die universiteit nie onopgeëiste oorskot gebruik nie en maak dus staat op skenkings.

Aansoekvorms vir skenkings is beskikbaar by die Skool van Medisyne by die Hage Geingob-kampus in Khomasdal.