Trump-SA herrie: Afrika-lande moet selfstandig word

Die herrie het losgebars vanoggend met Amerikaanse president Donald Trump wat sê hy skort alle hulp op na Suid-Afrika oor die Onteieningswet. Dit dien as ‘n wekroep vir Afrika-lande om afhanklikheid van die Weste te verminder soos die afgetrede Keniaanse president Uhuru Kenyatta gesê het. Die bestuurskenner dr. Marius Kudumo het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor gepraat. Hy stem saam.