Mbumba gaan twee gedenkdienste vir Hage Geingob lei
Dit is môre presies ‘n jaar gelede toe Namibië in rou gedompel is met die dood van president Hage Geingob. Die land se derde president het in die Lady Pohamba-privaathospitaal in Windhoek gesterf na ‘n stryd met kanker. Die presidensie het bevestig dat twee amptelike gedenkdienste sal plaasvind en dat president Nangolo Mbumba altwee dienste sal lei. Die eerste vind om half-tien môre-oggend by die Helde-akker plaas, en die twee sal om half-elf by Staatshuis gehou word.