Mans- binnenshuise hokkiespan verloor eerste wedstryd in Kroasië
Namibië se mans-binnenshuise hokkiespan het 4 – 7 teen België verloor in hul eerste wedstryd by die Binnenshuise Hokkie Wêreldbeker in Porec, Kroasië. België is derde op die wêreldranglys en Namibië in die 14de posisie. Die mans se volgende wedstryde is Woensdag om half-elf die oggend teen Trinidad en Tobago, en Donderdagaand om 20 oor 10 teen Australië. Namibië se vrouespan speel tans teen Australië. Australië se vroue is vyfde op die wêreldranglys en Namibië 12de.