Elon Musk noem USAid ‘n kriminele organisasie

Elon Musk sê die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, bekend as USAid, is ‘n kriminele organisasie. President Donald Trump beweer die agentskap word deur radikale kranksinniges bestuur en hy oorweeg die toekoms daarvan. Die aanval op die humanitêre agentskap wat hulp in die buiteland verleen, is ‘n beduidende nuwe stap in Trump se besluit om ongekende mag aan Musk te gee vir wat hy beskou as die beperking van verkwistende amptelike uitgawes. USAID-projekte lewer onder meer hulp aan hongergeteisterde streke in Soedan, verskaf handboeke aan ontheemde skoolkinders in Oekraïne en lei gesondheidswerkers in Rwanda op.