Teregstellings, verkragtings in DRK-konflik

Die Verenigde Nasies is bekommerd oor ongebreidelde geweld in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo waar M23-rebelle hulle aanslag voortsit, en waarsku oor summiere teregstellings en wydverspreide verkragtings. Die groep se oorname van die grootste deel van Noord-Kivu se hoofstad, Goma, is ‘n dramatiese toename in geweld in ‘n streek wat dekades van konflik deur talle gewapende groepe ondervind. Die VN is uiters begaan oor geloofwaardige berigte dat die Rwandees-gesteunde M23 onderweg is na die hoofstad van die buurstaat Suid-Kivu, Baku.