SA-wet op oseane beteken niks sonder nodige hulpbronne nie
Die GOOD-party sê die Wysigingswet op Mariene Besoedeling ignoreer steeds kritieke beperkings wat in dié gespesialiseerde veld ondervind word. President Cyril Ramaphosa het die wysigingswet bekragtig wat voorsiening maak vir strenger maatreëls om Suid-Afrika se oseane beter te beskerm teen skeepsverwante besoedeling. Kaden Arguile van die Good-party sê die regering kan nie probeer om die wetgewing toe te pas sonder dat die nodige bronne, personeel of strukture in plek is nie: