Remokgopa beklemtoon beskerming van kragnetwerk

Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het beklemtoon dat die regering voorkeur gee aan die beskerming van die kragnetwerk. Hy het aan die media gesê daar is vordering met die vermindering van beurtkrag, maar waarsku beplande instandhouding en onderbrekings het noukeurige bestuur nodig om te verhoed dat die stelsel in duie stort. Talle eenhede het onklaar geraak by Eskom se bespresterende kragstasies, Matimba en Lethabo, wat bedryfs-uitdagings veroorsaak. Ramokgopa gee die versekering Eskom is besig om noodreserwes aan te vul.